Leer vir jou Leerlinglisensie in Afrikaans Tuisblad
Leer vir jou leerlinglisense in Afrikaans!
Welkom by Leerlinglisensies Suid Afrika
Indien die webtuiste vir jou vreemd voorkom as jy vanaf jou tuisrekenaar werk, moet nie bekommer nie want die webtuiste is so opgestel dat mense ook vanaf hulle ‘SmartPhones’ of ‘Opera Mini’ hierdie webtuiste kan gebruik.
Dit is so ‘n groot stap om jou lisensie te kry en daarom het ek besluit om hierdie inligting gratis vir jou beskikbaar te stel. Met ander woorde, alle inligting is gratis MAAR as jy van die toetse gebruik wil maak, is daar ‘n fooi van R30 betaalbaar. Jy kan egter die toetse oor en oor skryf totdat jy dit regkry!!
Leerlinglisensies Suid Afrika het 2 tipes toetse:
- Selftoetse – hierdie toetse kry jy onmiddellik die antwoord en jy kan meer as een keer probeer om die regte antwoord te kry.
- Moontlike vrae – Hierdie toetse is spesifiek gemik op verskillende afdelings van die leerlinglisensie toetse. MAW – daar is moontlike vrae vir motorfietse en ook dan moontlike vrae vir motors.
Hou asseblief in gedagte dat hierdie webtuiste slegs konsentreer op die Leerlinglisensie en dan ook net vir motorfietse en ligte voertuie en glad nie op die bestuurslisensie self nie. Daarvoor sal jy moet gaan vir lesse.
Alle inhoud is belangrik vir die toets. Moet niks oorslaan of as minder belangrik beskou nie!
Die leerlinglisensie is die eerste helfte van die proses om jou lisensie te kry. Dit is slegs die teoretiese kennis wat jou instaat sal stel om dan aan te beweeg na die bestuurslisensie. Jy sal dan ook wettiglik kan oefen vir jou bestuurslisensie.
Meer oor die leerlinglisensie toets.
‘n Toets is slegs moeilik as jy nie jou werk ken nie.
Die toets bestaan uit 3 afdelings:
Afdeling 1
Hierdie afdeling handel oor Motorvoertuig beheermiddels. Dis nou jou ‘clutch, petrol, flikkers ens’. Hierdie afdeling het gewoonlik 8 vrae waarvan jy 6 moet reg hê.
Afdeling 2
Hierdie afdeling handel oor die reëls van die pad. Dis nou wat jy mag en nie mag doen nie. Hierdie afdeling bestaan uit 30 vrae waarvan jy 22 korrek moet antwoord. ONTHOU DIE VERSKIL TUSSEN MAG, MOET EN KAN!
Afdeling 3
Hierdie afdeling handel oor padtekens en merke. Hier kom jy ook te staan voor 30 vrae waarvan jy 23 reg moet antwoord.
ONTHOU – DIS NIE GOEDKOOP OM JOU LISENSIE TE KRY NIE. LEER HARD SODAT JY NIE DUBBELD HOEF TE BETAAL NIE! Kostes is tans R126 om ‘n afspraak te maak (onthou jou ID Dokument asook 2 ID foto’s) en indien jy die toets slaag betaal jy weer R126.
Maak jou afspraak by jou plaaslike verkeersdepartement. Moenie jou ma of vriendin stuur nie! Jy moet persoonlik daar wees om ‘n oogtoets te doen.
As jy 16 jaar oud is kan jy aansoek doen vir ‘n lisensie vir ‘n motorfiets wat kleiner is as 125cc (Kode A1). Jongmense wat 17 jaar oud is kan vir groter motorfietse asook ligte motorvoertuie aansoek doen (Kodes A, B en EB). 18 jaar en ouer vir alle ander voertuie.
Diskwalifikasies
- Enige vorige diskwalifikasies, opskortings of kansellasies deur ‘n geregshof wat steeds van krag is.
- As jy reeds ‘n lisensie in die betrokke voertuigklas het. So as jy reeds ‘n Kode A lisensie het, kan jy nie weer vir ‘n Kode A aansoek doen nie … duh!
- As ongeskik is of een van die volgende siektes het:
- Skielike aanvalle soos in duiseligheid, floutes as gevolg van hoë bloeddruk of enige ander rede
- Ernstige en/of ongekontroleerde epilepsie
- Ernstige en/of ongekontroleerde diabetes mellitus (suikersiekte)
- Geestesversteurings waar jy professionele toesig of behandeling ontvang
- Ernstige probleme om te kan sien
- Verslawings aan drugs en/of alkohol
- Spierkoordinasie probleme
- Enige toestand wat die veilige hantering van ‘n voertuig kan belemmer (hierdie sluit nie doofheid in nie)
Wat mag jy en wat mag jy nie?
As jy ‘n motorfiets leerlinglisensie het mag jy: (As jy vir jou motorfiets leerlinglisensie studeer, onthou dat al die afdelings op jou van toepassing is. Moenie net die motorfiets gedeeltes leer nie!)
- Op publieke paaie bestuur ONVERGESELD – so jy mag nie ander dudes ‘n lift gee nie!
- Jy mag op deurpaaie bestuur op enige motorfiets wat groter as ‘n Pasola is – so enige motorfiets groter as ‘n 50cc
MAAR JY MAG NIE passasiers vervoer nie.
As jy ‘n motor leerlinglisensie het mag jy:
- Op publieke paaie en deurpaaie bestuur as jy vergesel word deur iemand wat oor ‘n GELDIGE lisensie beskik. Die persoon moet langs jou sit.
- Een van jou pasassiers MOET ‘N GELDIGE LISENSIE hê
MAAR JY MAG NIE mense vervoer vir geld nie!
‘n Leerlinglisensie is vir 24 maande geldig.
Kostes vir Leerlinglisensie
| Provinsie | Afspraakfooi | Uitreikfooi |
| Oos Kaap | R213 | R69 |
| Vrystaat | R92 | R48 |
| Gauteng | R108 | R60 |
| KwaZulu-Natal | R150 | R60 |
| Limpopo | R159 | R57 |
| Mpumalanga | R126 | R37 |
| Noord Kaap | R55 | R55 |
| NoordWes | R126 | R126 |
| Wes Kaap | R68 | R38 |







.jpg)
